Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie,
want God het die blymoedige gewer lief. (2 Kor. 9:7)
Die gemeente se werksaamhede is afhanklik van finansiële bydraes. Offergawes en
dankoffers kan via EFT of SnapScan inbetaal word, of in ’n koevert in die kerkkantoor se
posbus geplaas word.
Die gee van offers is ’n daad van aanbidding (1 Kor. 16:2), gegee in verhouding
met jou inkomste (2 Kor. 9:7a), as ’n dankbare reaksie op God se liefde.
Bank: ABSA
Rek. Naam: NG Gemeente La Rochelle
Rek no: 145 058 0003
Tak: 632005
Skandeer die QR-kode om te gee.
Die Finansiële Bediening fokus daarop om, in ooreenstemming met die visie en die missie van
die gemeente, alle betrokkenes voortdurend te herinner dat ons bestuurders is van God se
huishouding. Deel hiervan is dat die Bediening in afhanklikheid van die Here aanhoudend soek
na Sy wil vir die besteding van die dankoffers en offergawes.
Die gemeente glo en leef vanuit die waarheid dat ons rentmeesters is van God se koninkryk
op aarde. Die grondbetekenis van die Bybelse woord vir rentmeesterskap dui op:
Vanuit ’n Bybelse perspektief glo ons dat:
Christelike rentmeesterskap is vir ons:
Rentmeesterskap gaan dus nie net oor geld nie, maar ook oor geld: dit is die wyse waarop ons
as nuwe mense in Christus ons hele lewe en al ons besittings onder leiding van die Heilige Gees
bestuur — tot eer van God en tot uitbreiding van Sy koninkryk.
083 222 6018 · Wouter@larochelle.org.za
083 222 6019 · bestuurder@larochelle.org.za