Ons wil binne die jeugbediening van La Rochelle gemeente ons kinders help
om 24/7 soos Jesus te leef.
Dit is vir ons belangrik dat elke ouer aan hulle kind se geloofsreis deelneem. Daarom
vra ons dat ouers saam met hulle kinders die eredienste sal bywoon en gebruik maak van
ons “huisgeloof” uitdeelstuk wat weekliks uitgestuur word.
Peuterkerk (2–5 jaar): 08:40–10:00 (Lokaal B)
Graad R–6: 09:00–10:00 tydens die oggenddiens
Graad 7–11: 18:00–19:30 — voorafgegaan deur ’n boodskap in die aanddiens
Registrasie vir ons jeuggroepe vind die eerste Sondag van die
eerste kwartaal plaas. Nuut? Kontak die kerkkantoor of laai die vorm af:
Ons is die Here dankbaar vir elke ouer wat met die geloofsvorming van hulle kinders
erns maak. Ons wil ouers aanmoedig om die vier tafelpote deel van hulle geloofslewe te
maak en so ook ander ouers te betrek.
Neem aan jou kind se geloofsreis deel en raak betrokke daar waar jy voel die Here jou
roep. So kan jy betrokke raak:
Navorsing wys dat geloofsvorming slegs volhoubaar
plaasvind wanneer aan al vier pote — op gelyke beurt — aandag gegee word. So bly die tafel
reguit staan.
Tussen kinders, jeuggroepleiers, ouers en leraars.
Bybelstudie, prediking en huisgeloof.
Diensbaarheid — geloof wat met die hande werk.
Aanbidding wat ook misterie insluit.
Ons beweeg weg van “Sondagskool” en praat eerder van
“ontmoetings” — ruimtes waar kinders ontmoetings met God, mekaar en hul jeuggroepleier kan hê.
Die jeuggroepe vorm die ruggraat van die bediening.
In graad 11 behandel tieners temas wat hulle help
verstaan waarom hulle hul geloof bely. In graad 12 skakel hulle by die Matriekselgroep in en kry
geleentheid om belydenis van geloof af te lê. Aansoekvorms by
info@larochelle.org.za.
Ons nooi alle jongvolwassenes en jong-werkendes
om elke Sondagaand na die erediens by ons aan te sluit. Ons skep ’n ruimte waar ons kan kuier,
gesels en saam reis as gelowiges. Hou ons sosiale media en bulletin dop.
Ons hou ouers, kinders en die gemeente op hoogte van wat in die jeugbediening plaasvind.
Ouers, maak seker jy is op jou kind se graadgroep-WhatsAppgroep. Alle tieners is op ’n
WhatsAppgroep saam met hul kategeteleiers.
Volg ons op sosiale media: @La Rochelle Gemeente en
@larochellegemeente, en sluit aan by ons WhatsApp-gemeenskap vir die
nuutste kommunikasie oor die jeugbediening.