Tuis  ›  Eredienste

Eredienste

Saam in die teenwoordigheid van die Here — oud en jonk.

Kyk & luister

Die jongste erediens

Kon jy nie 'n diens bywoon nie? Kyk gerus die mees onlangse erediens hier. Die video werk outomaties by elke keer wat 'n nuwe diens op ons YouTube-kanaal gelaai word.

Sien alle dienste op YouTube →

Laai die jongste erediens…
Mees onlangse opname · La Rochelle
09:00

Oggenddiens

Hierdie erediens het ’n mengsel van klassieke styl asook ’n kontemporêre aanslag,
veral wat die musiek aanbetref. Ons skep hiermee ruimte dat oud en jonk saam in die
teenwoordigheid van die Here kan wees.

Die kinders van Gr R tot Gr 6 kom saam met hulle ouers erediens toe en verdaag na
die kindermoment na hulle groepe. Ons Peuterkerk vind tydens die oggenddienste plaas
in Lokaal B en gee ouers die geleentheid om die erediens by te woon terwyl hul peuter
ook met die Woord bedien word.

Ons kuier ook heerlik saam na die erediens en beleef die gemeenskap van gelowiges.

18:00

Aanddiens

Die aanddienste in La Rochelle gemeente het ’n kontemporêre aanslag wat ruimte skep
vir oud en jonk. Ons aanddiens vorm deel van ons bediening aan tieners.

Die Gr 7–12’s woon die diens by as deel van hul jeuggroepe wat na die erediens volg.
Daar word ook ruimte geskep vir die matrieks en jongvolwassenes om na die erediens
saam te gesels.

Leef jou gawes uit

Raak betrokke

Ons nooi lidmate uit om hul gawes uit te leef en bied ’n ruimte vir elkeen se uniekheid.

MusiekspanKlank en MediaDekor
KoffiebedieningGasvryheidJeug

Kontakpersone

Anton van Zyl (musiek en multimedia)
Anton@larochelle.org.za · 082 330 2175

Of enige van die predikante.