As gemeente stel ons onsself ten doel om tot verheerliking van God te leef deur te
groei in Christus, Sy liefde daadwerklik uit te leef, en om die Goeie Nuus te deel.
Ons bede is dat jy geïnspireer sal word om deel te wees van ’n gemeente wat
geleenthede bied vir Bybel-gebaseerde lering, God-gesentreerde aanbidding en ’n tuiste
skep vir jonk en oud. Welkom by die La Rochelle Familie.
“Verbind aan Christus”Jaartema: Navolging van Christus
Ons skep ruimte vir God-gesentreerde aanbidding waar oud en jonk saam in die teenwoordigheid van die Here kan wees.
Deur Bybel-gebaseerde lering en toerusting word ons gehelp om al hoe meer soos Jesus te leef en te dink.
Ons leef die liefde van Christus daadwerklik uit en deel die Goeie Nuus met die wêreld rondom ons.

Ds. Wouter Olivier
Leraar

Ds. Jana Dickason
Leraar

Dr. Annemarie de Kock-Malan
Leraar

Anton van Zyl
Kommunikasie & Aanbidding
Die mense agter die skerms wat help om die La Rochelle Familie te dien.

Cindy van der Merwe
Admin-beampte

Maretha van Tonder
Aflos-admin

Charles Crafford
Finansies

Moos Swartz
Faktotum

Yolanda Titus
Algemene werker

Derick Kotze
Naweek-koster

Esme Hills
Orrelis