Tuis  ›  Dien Saam

Dien Saam

Waar kan ek betrokke raak in die gemeente?

“Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê
om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet
geswoeg het nie.” — Fil. 2:16

Die volgende is moontlikhede waar jy betrokke kan raak binne ons
gemeente en ’n verskil kan maak in God se Koninkryk.

Bedieningsmoontlikhede

Eredienste

Verwelkoming

Verwelkoming van mense by die deure voor eredienste.

Nagmaal

Bediening en voorbereiding van nagmaal (oggend en aand).

Offergawes

Opneem van offergawes in eredienste (oggend en aand).

Dekor

Versiering en verfraaiing van die liturgiese ruimte en kerkgebou.

Gasvryheid

Bediening van koffie, tee en koek, asook die bak van eetgoed vir na eredienste.

Musiekbediening

Musikante en sangers in die lofprysing- en aanbiddingspan tydens eredienste.

Multimedia

Hantering van die klank, live stream of PowerPoint tydens eredienste.

Bulletinvouers

Vou van die bulletin op Vrydagoggende.

Tellers

Tel van geld op Maandagoggende.

Bedienings & groepe

Jeugbediening

Bediening aan peuters, kinders, tieners en jongvolwassenes.

Meer oor die jeug →

Nuwe lidmate

Kwartaallikse koördinering van die nuwe-intrekkergeleentheid.

Is jy nuut? →

Troosdienste

Voorbereiding en bediening van verversings na troosdienste.

Vrouebediening

Koördinering en beplanning van die bediening aan vroue in die gemeente.

Gasvryheid

Help om elkeen wat instap tuis te laat voel — by eredienste en geleenthede.

GriefShare

Ondersteuning vir diegene wat met verlies en rou worstel.

Leer ons bedienings ken

Bedienings in detail

Seniorbediening

Die Seniorbediening fokus op bediening aan seniors (±65 en ouer) in La Rochelle. Ons beskou
dit as ’n belangrike bediening waar mense in hul senior jare met die liefde van die Here bedien
word — deur die Woordverkondiging, omgee en sosiale geleenthede.

  • Dinsdag Bybelstudie: 10:00–11:00 in die konsistorie (tydens skoolkwartaal) — almal welkom.
  • Sosiale geleenthede, soos aangekondig.
  • Betrokkenheid by Welverdiend Aftreeoord en Huis Redelinghuys.
  • Besoeke aan seniors soos daar behoefte is.
  • Vervoergeleenthede vir seniors na eredienste.

Kontak: Dr. Annemarie de Kock-Malan · 082 518 0039 ·
annemarie@larochelle.org.za
of Gert Herbert · 071 485 6132

Bybelstudie

Wandel saam deur die Woord met verskeie reekse gedurende die jaar. Ons nooi jou om saam te
reis as ’n “kleingroep” wat fokus op nadenke en gesprekke rondom die Bybel, en wat mekaar
versorg en vir mekaar intree deur gebed.

Wanneer: Dinsdae 10:00–11:00 in die konsistorie (tydens skoolkwartaal).

Sluit aan by ons WhatsApp-groep en ontvang ook die klankopname van die Dinsdag-gesprek:

Bybelstudie WhatsApp QR-kode

Gebedsbediening

Die Gebedsbediening maak erns met ons gebede voor die Here. Gebed is ’n integrale deel van
enige gelowige se lewe, en hier maak ons dit ons missie om gereeld vir mekaar, die gemeente en
die gemeenskap in te tree.

  • Gebedsgeleentheid: elke Sondagoggend 08:15–08:35 in die doopkamer.
  • Gebed-WhatsAppgroep: ons ontvang gebedsversoeke waarvoor daar gebid word.
  • Gebedsriglyne: ’n weeklikse gebedsbrief — kontak ons indien jy dit wil ontvang.

Kontak: Dr. Annemarie de Kock-Malan · 082 518 0039 ·
annemarie@larochelle.org.za

Omgeebediening

Die Omgeebediening is verbind tot die visie en missie van ons gemeente. Ons leef liefde uit
met ’n spesiale fokus op die versorging van behoeftige persone (Jakobus 1:27a, Lukas
6:36)
— beide fisies en geestelik, in ons eie gemeente en in die gemeenskap.

Dié liefde word uitgeleef deur die maandelikse uitgee van kospakkies, die insameling en
verspreiding van goeie tweedehandse klere, en ondersteuning van organisasies soos MES en
Badisa. Ons Saaityd-projek in November help om die nood by instansies soos Miles Bowker,
Alta du Toit, VGK Delft, Lucky Lucy, MES en Badisa Trio te verlig.

Kontak: Ds. Wouter Olivier · 083 222 6018 ·
wouter@larochelle.org.za
of Erika Hoffman · 083 461 7525

Getuienisbediening

Die Getuienisbediening is verbind tot die missie van ons gemeente, soos onderskryf deur
Hand. 1:8 — ons is gestuurdes na ’n gebroke wêreld in nood, waar ons Sy hande en voete
wil wees. Ons is by die volgende bedieningsgeleenthede betrokke:

Suid-Afrika

Hande-en-Voete-uitreike na o.a. Alta du Toit Nasorgsentrum, Kerk
vir Hawelose Mense, Lucky Lucy Animal Rescue, Huis Redelinghuys, Welverdiend Aftree-oord,
Petroljoggies, Brandweer, Huis Miles Bowker en MES Bellville Mannehuis. Ook VGK Delft,
MES-Bellville, LCF Gemeente en die jaarlikse Calitzdorp-uitreik.

Oekraïne

Vir meer as 20 jaar ondersteun ons die House of Prayer to All
Nations
-gemeente in Rakhiv met finansies, gebed, geestelike en emosionele ondersteuning,
en uitreike van tyd tot tyd.

Japan

Missie Japan is ’n gesamentlike getuienisaksie van die NG Kerk en
ander Gereformeerde Kerke. Ons ondersteun Stephan van der Watt en sy gesin in hul missionale
werk in Japan.

Kontak: Bertie Smit (Voorsitter Getuienis) · 082 335 6508

Finansiële Bediening

Die Finansiële Bediening herinner alle betrokkenes voortdurend dat ons bestuurders is van God
se huishouding, en soek in afhanklikheid van die Here na Sy wil vir die besteding van die
dankoffers en offergawes. Lees meer oor rentmeesterskap op ons Dankoffer-bladsy.

Meer oor Dankoffer →

Kontak: Ds. Wouter Olivier · 083 222 6018 ·
Wouter@larochelle.org.za
of Charles Crafford · 083 222 6019 ·
bestuurder@larochelle.org.za

Hoe begin ek?

Wil jy betrokke raak?

Kontak asseblief die kerkkantoor by
info@larochelle.org.za of 021 919 9253 as jy betrokke wil raak of meer wil weet. Die betrokke
bedieningsleier sal dan met jou kontak maak.

Kontak die kerkkantoor
info@larochelle.org.za